Daar steel hulle Danika se oulike baie ou Corsa karretjie reg voor McDonalds, by daai sentrum waar die stad ophou. En in haar harwar en skok loop sy 'n man op krukke dat hy steier! 'n Gawe en aantreklike man wat toe Peter Conroy is. Die man wat in die boek Romein van Timbavati byna deur 'n olifant vermoor is. Die ou wat 'n draai in Liefde en konflik op Verdwaal (Die boek na Verdwaalpad na die liefde) amper eenkeer te veel na Natalie gekyk het. Ja, hy! Die oulike man wat mos slange versamel vir 'n bokstertjie.(Stokperdjie.)