Na hulle laaste avontuur verdwyn Francois Duval vir 'n tyd lank uit Clarissa se lewe. Sy is teleurgesteld. Was hy toe nie die een nie? Sy besluit om by Elmien en Anton in Hoedspruit te gaan kuier. Op pad daarnatoe sien sy hoe 'n ruiter en perd tussen haar en 'n aankomende voertuig injaag. Skote klap en die perd val, maar toe sy uitklim is die perd en ruiter weg. Die ander voertuig is bosse toe en beland op sy dak...