Kevin en Maritza hou saam skool. Sy het nog nie 'n pos vir volgende jaar nie. Maar Kevin is met die goue lepel in die mond gebore. In so mate dat hy dalk instrumenteel kan wees om vir haar 'n pos en 'n blyplek op die skilderagtige dorpie Blombos aan te bied. Daar waar hy die nuwe skoolhoof gaan word. Boonop gaan hulle aanvanklik bure wees wanneer hulle daar kom. Iets waaroorhaar hart dalk vinniger mag klop. Behalwe dat iemand soos Kevin Taylor beslis nie 'n tweede kyk in haar rigting sal gee nie. Of doen hy dit, omdat hy haar juis begin raaksien het, tussen al die ander vroue wat saam met hulle skoolhou?
Blombos is 'n pragtige dorpie en Maritza weet sy kan daar gelukkig wees, maar alles is nie pluis in die skakelhuisie waarin sy gaan woon nie.
Hierdie is 'n liefdesverhaal met 'n spannings en spookstorie storielyn.