Moira weier om haar tienjaar matriekreÿnie by te woon. Deetlef het haar destyds verneder deur haar 'n week voor die matriekafskeid mee te deel dat hy eerder vir Nata soontoe sal vergesel. Nou wil Deetlef opmaak "¿
Ann Hite Kemp is op Upington gebore waar sy matriek geskryf het. Daarna het sy haar BA-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is met die Springbok- fietsryer, Pieter Kemp getroud en hulle het twee kinders, Zak en Gisela. Reeds van skooldae af het sy stories begin skryf. Haar spookstories en kortverhale is in verskeie tydskrifte gepubliseer en daar is ook 'n Siembamba-storie oor die radio uitgesaai. Sy en haar gesin woon tans in Pretoria en sy het reeds vyf jeugverhale en veertien romans gepubliseer.