Olivia is vasbeslote om haar biologiese pa te ontmoet maar haar nuwe bestuurder Jean-Luc is hinderlik aantreklik en trek haar aandag af. Maar sy vind vinnig uit dat die liefde jou nooit op 'n dwaalspoor lei nie.
Vir Ilze Beukes is die skryf van liefdesverhale 'n groot droom wat waar geword het en sy lewe vir haar skryftyd. Sy woon op Kroonstad in die Vrystaat waar sy by 'n plaaslike laerskool in die dorp werk. Sy is getroud en het drie kinders ? twee getroude dogters en 'n seun wat studeer. Haar hart se punt behoort aan haar vier kleinkinders wat haar lewe verryk. Twee van haar liefdesverhale ? Ondersoek my hart en Hart se tweede kans het al by NB Liefdesverhale onder die Hartklop-druknaam verskyn. Sy het ook kinderboeke, kortverhale en gedigte vir laer- en hoërskoolkinders op haar kerfstok. Liefde tussen die duine is Ilze se eerste romanse in die Romanza-reeks.