"Hy is nie wie hy sê hy is nie ..."? Met hierdie waarskuwing voor sy beroerte oor Shaun Greyling het haar pa Lize in 'n warboel. Sou hy reken Shaun is die wilddief wat wild op Oudag laat verdwyn?
Ann Hite Kemp is op Upington gebore waar sy matriek geskryf het. Daarna het sy haar BA-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is met die Springbok- fietsryer, Pieter Kemp getroud en hulle het twee kinders, Zak en Gisela. Reeds van skooldae af het sy stories begin skryf. Haar spookstories en kortverhale is in verskeie tydskrifte gepubliseer en daar is ook 'n Siembamba-storie oor die radio uitgesaai. Sy en haar gesin woon tans in Pretoria en sy het reeds vyf jeugverhale en veertien romans gepubliseer.