Hierdie lieflike gebedeboek is die ideale geskenk vir vroue van enige ouderdom. Die sewe onderafdelings: God op my lessenaar; In my twyfel; Ek stres, Here; Reisgenoot; Verander my; Vir die mense wat ek liefhet; Vir altyd en altyd is tydlose gebede vanuit Milanie Vosloo se hart.