Skemeruur, waarin Lynne Steenberg albei haar ouers in 'n motorongeluk verloor, en boonop daarna uitvind dat sy 'n aangenome kind is. En so begin haar soektog na haar regte moeder . . . én ware liefde.
Susanna M. Lingua het reeds op sestienjarige ouderdom begin skryf, maar haar werklike skrywersloopbaan het in 1952 begin toe haar eerste manuskrip deur 'n uitgewer vir publikasie aanvaar is. Sy is in 1997 oorlede, met 58 gepubliseerde boeke agter haar naam.