|
Dis ek, Anna was in 2004 onder Anchien Troskie se skuilnaam, Elbie Lotter, uitgegee. Nooit is 'n lang, lang tyd verskyn in 2008, die keer onder haar eie naam, en 'n tweede roman, Die besoeker, twee jaar later. Sy woon op 'n plaas in die Oos-Kaap saam met haar man en kinders. In haar eie woorde: "Ek is 'n doodgewone mens wat kan lag, huil, skinder en soms moet lieg. Ek is lief vir wyn, maar darem liewer vir my man en kinders. Die reuk van 'n splinternuwe (of ou, for that matter) boek, die soutsmaak van die see, sagte deurdringende reen, koffie en pannekoek - is daar lekkerder? Een van my grootste vrese, en daar is baie, is dat ek nie genoeg tyd gaan he om al die stories in my kop op papier te sien nie. Dis ek, Anchien Troskie, vrou vir my man, ma vir my kinders, huishoudster vir almal, finansiele bestuurder van die gesin, die kinders se gratis taxibestuurder en nou skrywer." |